BOODSKAP VAN CHARL MOCKE

Aan die einde van nog ‘n jaar deel ek graag ‘n paar gebeurlikhede by CMV wat noemenswaardig was:

‘n Hoogtepunt vir CMV en almal wat by ons betrokke is, was die viering van ons 30ste bestaansjaar in Augustus van hierdie jaar. Ons is dankbaar vir elkeen wat ‘n bydrae gemaak het tot die sukses van CMV, maar veral vir elke getroue kliënt, sommige wat van die begin af kliënte is, en menige vir meer as twee dekades wat ons ondersteun het en belangstelling toon in ons groei. Sonder u betrokkenheid sou dit nie moontlik gewees het om ‘n 30 jarige bestaan te vier nie.

Gedurende die jaar het die volgende personeellede by ons aangesluit:

  • Adriaan du Plessis, ons inhuis prokureur het na ‘n afwesigheid van bietjie meer as ‘n jaar, weer die Jakarandastad sy tuiste gemaak, en het belowe dat hy nou by CMV gaan aftree!
  • Tapiwa Musiiwa joined us in May after an incident of good luck of both sides, and is pulling his full weight in Christo Bosch’s department, under Michael Ferreira’s guidance.
  • Azillahé Loedolff het ook na ‘n afwesigheid van ‘n paar maande weer by Riaan du Toit se afdeling ingeskakel.
  • Rochelle Steyn sluit by ons aan in September as rekeningkundige klerk, ook in Christo Bosch se afdeling onder leiding van Michael Ferreira.
  • Gert Botha het ook in September by ons PSG kantoor aangesluit as makelaar.
  • Nog ‘n aanstelling in September is Maryke Dique, as assistent vir Adriaan du Plessis.
  • Daniël Mofokeng was appointed in November as administrative assistant at our PSG office.
Rochelle Steyn en Barry se dogtertjie Leah is op 23 Mei gebore, en Nadia Coetzer en Jacques se seuntjie Aidan het sy opwagting op 4 Oktober gemaak. Baie geluk aan julle, en sterkte met die opvoedingstaak. Dit is gouer verby as wat ‘n mens besef!

Christo Bosch slaag sy SAIPA eksamen in Mei, en is nou amptelik daarop geregtig om homself ‘n rekenmeester te noem. Baie geluk Christo, ons is saam met jou opgewonde oor die nuwe fase wat jy betree by CMV. Joleen Viljoen, Tiaan Bothma, Charl Geldenhuys en Johnathan Loxton het al vier hul SAIPA eksamen in November geskryf. Ons glo dit het goed gegaan en is ook saam met julle trots op hierdie mylpaal.

Dit is met hartseer dat ons in Februarie van Karien Kemp se man Handré na ‘n siekbed van ‘n paar maande moes afskeid neem. Ons medelye en voortdurende ondersteuning is met haar en Simoné, en ook dankie aan almal wat hulle in hierdie moeilike tyd ondersteun.

Albert Mabuse celebrated his 10th year of employment at CMV, and we hope that he will stay with us for many more years to come. Thank you Albert for always doing your best.

Maggie du Randt verlaat ons diens aan die einde van die jaar. Ons is dankbaar vir haar bydrae tot ons ontvangs die laaste twee jaar, en wens haar alles van die beste toe.

In September we held our tenth annual Potjiekos competition, the third to the benefit of Beeld Kinderfonds. The total contributions to the fund, which makes a difference in the lives of under privileged children, amounts to more than R200 000. Our Potjieskos competition for 2017 will be held on the 2nd of September 2017. For the first time, the competition will be held on a Saturday, and we hope that it will be a fun filled family day. The competition is open to the public and we invite you to participate in this life-changing cause.We were also again one of the main sponsors of the VDT Golf day to the benefit of Beeld Kinderfonds for more than ten consecutive years.

We again provided gift parcels from time to time to Pure Hope Kids, and are also involved in a supporting capacity to Life Talks Movement, and contribute to Chances of Hope. These organisations strive to make a difference in the lives of children, our most valuable asset.

Ons is trots dat ons kan meld dat ons besig is met die konstruksie van die laaste drie huise aan die residensieële kant van ons ontwikkeling, en het uiteindelik met die derde kantoorblok begin.

Ons beplan ‘n baie opwindende tweede residensiële fase, maar sal meer inligting hieroor gedurende 2017 versprei.

Dit is maklik om ‘n lys van prestasies en aktiwiteite weer te gee, maar dit, en die uitbreiding en groei wat ons by CMV beleef, is slegs te danke aan ons kliënte wat ons getrou ondersteun. Baie dankie, ons het groot waardering daarvoor.

To all our clients, friends, family, colleagues, investors and everybody who is involved with us, we wish you a happy and blessed festive season.

Ook aan al ons personeel, assosiate en vennote, dankie vir julle harde werk gedurende die jaar, rus goed en lekker, 2017 wag!

CMV Group of Companies

Tel : 012 991 4400
Fax : 012 991 3001
Physical: 17 Midas Avenue, Olympus, Pretoria, 0081
E-mail: info@cmv.co.za

Copyright © Website | Powered by SucceedGroup