BOODSKAP VAN CHARL MOCKE

Dit is alweer hierdie tyd van die jaar wanneer dit nodig is om die afgelope jaar in oënskou te neem.

Ek wil hierdie nuusbrief begin deur elke kliënt, alle assosiate en besigheidsvennote, al die personeel en die direkteure van CMV, te bedank vir die besigheid wat ons saam deur die jaar kon doen, die ondersteuning wat ons ontvang het van elkeen, almal se harde werk, entoesiasme, vindingrykheid en alles en almal wat ‘n bydrae gemaak en gelewer het om 2017 te laat gebeur.

Van 2017 gepraat! Dit was seker nie die jaar wat Suid-Afrikaners graag sal wil onthou nie, maar dit het tog hoogtepunte gehad. Ek deel graag CMV se hoogtepunte.

Riaan en Maryke Dique het ‘n pragtige babadogtertjie, Ninke ryker geword in Februarie 2017. Riaan en René Albertyn verwag ‘n seuntjie in Februarie 2018 en Joleen en Lourens Fourie ‘n dogtertjie in Maart 2018.

Minette Meyer en Renier van Zyl het in Oktober 2017 verloof geraak.

CMV spog ook met verskeie grade en diplomas:

Joleen Viljoen en Johnathan Loxton het in Desember 2016 hul SAIPA eksamens geslaag en is nou albei professionele rekenmeesters. Louhan Kruger het in November 2017 sy graad BCom Algemeen Interne Audit behaal. Jonathan Crafford het in September 2017 sy CompTIA A+ Diploma geslaag. Baie geluk met die prestasies.

Vic Barnard joined CMV to expand our footprint, and opened a CMV office in Hermanus. We wish him well with this challenging venture.

Corin Spies, Chris Woolley, Kieren White and Jonathan Smith were appointed as junior accountants. Amanda van der Westhuizen was appointed as receptionist and Garith van den Bergh as a financial planning assistant at PSG. We trust that your time with CMV will be rewarding.

Nadia Coetzer het haar 10 jaar by CMV Rekenmeesters gevier en Natasja Durrant haar 10 jaar by CMV Trust. Michael Ferreira is al 15 jaar by CMV Rekenmeesters en Nita du Toit het ook haar 15 jaar diens by die CMV groep voltooi. Baie dankie vir julle bydrae tot CMV.

Aan almal wat saam met ons die ekstra myl gestap het en vasgebyt het, wel gedaan. Voorspoed vir die toekoms word julle toegewens.

We wish everybody a well deserved and blessed festive period. Drive safely, rest well, enjoy the time with your loved ones, and be refressed for 2018. May it be a good one!

‘n Voorspoedige en Geseënde Kersgety toegewens, en alles van die beste vir 2018.

Groete,
Charl

CMV Group of Companies

Tel : 012 991 4400
Fax : 012 991 3001
Physical: 17 Midas Avenue, Olympus, Pretoria, 0081
E-mail: info@cmv.co.za

Copyright © Website | Powered by SucceedGroup